Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 15:6-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Jy het My verwerp, spreek die Here, jy het ál agteruitgegaan; daarom strek Ek my hand teen jou uit en verwoes jou; Ek is moeg om berou te hê.

7. En Ek wan hulle uit met ’n gaffel by die ingange van die land. Ek maak my volk kinderloos, maak hulle tot niet; hulle kom van hulle weë nie terug nie.

8. Hulle weduwees het vir My meer geword as die sand van die see; Ek bring vir hulle oor die moeder van die jong manskappe ’n verwoester op die middag; Ek laat skielik op haar val angs en verskrikkinge.

9. Sy wat sewe gebaar het, het weggekwyn; sy het magteloos neergesink; haar son het ondergegaan terwyl dit nog dag was; sy staan beskaamd en het rooi van skaamte geword. En hulle oorblyfsel gee Ek aan die swaard oor, voor hulle vyande, spreek die Here.

10. Wee my, my moeder, dat u my gebaar het — ’n man van twis en ’n man van stryd vir die hele land! Ek het nie uitgeleen nie, en hulle het nie aan my geleen nie; almal vloek my.

11. Die Here het gesê: Waarlik, Ek bevry jou ten goede; waarlik, Ek maak dat die vyand jou ootmoedig smeek in tyd van onheil en in tyd van benoudheid.

12. Kan ’n mens yster breek, yster uit die noorde, en koper?

13. Jou rykdom en jou skatte sal Ek as buit gee, sonder betaling; en dit weens al jou sondes en in jou hele grondgebied.

14. En Ek sal jou jou vyande laat dien in ’n land wat jy nie ken nie; want ’n vuur is aangesteek in my toorn, oor julle sal dit brand.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 15