Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 11:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE woord wat van die Here tot Jeremia gekom het:

2. Hoor julle die woorde van hierdie verbond, en spreek met die manne van Juda en met die inwoners van Jerusalem

3. en sê vir hulle: So spreek die Here, die God van Israel: Vervloek is die man wat nie luister na die woorde van hierdie verbond

4. wat Ek julle vaders beveel het op die dag toe Ek hulle uit Egipteland, uit die ystersmeltoond, uitgelei het met die woorde: Luister na my stem en doen die woorde net soos Ek julle beveel; dan sal julle vir My ’n volk wees, en Ek sal vir julle ’n God wees —

5. om te bevestig die eed wat Ek vir julle vaders gesweer het om aan hulle te gee ’n land wat oorloop van melk en heuning soos dit vandag is. Toe het ek geantwoord en gesê: Amen, o Here!

6. En die Here het vir my gesê: Roep al hierdie woorde uit in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem: Hoor die woorde van hierdie verbond en doen dit.

7. Want Ek het julle vaders nadruklik gewaarsku op die dag toe Ek hulle uit Egipteland laat optrek het tot vandag toe, vroeg en laat, en gesê: Luister na my stem!

8. Nogtans het hulle nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar hulle het gewandel elkeen in die verharding van sy bose hart. Daarom het Ek oor hulle gebring al die woorde van hierdie verbond wat Ek beveel het om te doen, maar wat hulle nie gedoen het nie.

9. Verder het die Here vir my gesê: Daar is ’n sameswering ontdek onder die manne van Juda en onder die inwoners van Jerusalem:

Lees volledige hoofstuk Jeremia 11