Ou Testament

Nuwe Testament

Hoséa 9:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WEES nie bly met gejuig, o Israel, soos die volke nie, want jy het gehoereer van jou God af weg; jy het hoereloon liefgehad op al die koringdorsvloere.

2. Dorsvloer en parskuip sal hulle nie voed nie, en die mos sal hulle in die steek laat.

3. Hulle sal in die land van die Here nie bly nie; maar Efraim sal na Egipte teruggaan, en in Assur sal hulle eet wat onrein is.

4. Hulle sal vir die Here geen wyn uitgiet nie, en hulle slagoffers sal vir Hom nie welgevallig wees nie; soos tranebrood sal hulle spys vir hulle wees. Almal wat daarvan eet, word verontreinig; want hulle brood is vir hulleself: dit sal nie in die huis van die Here kom nie.

5. Wat sal julle dan doen op die feestyd en op die feesdag van die Here?

Lees volledige hoofstuk Hoséa 9