Ou Testament

Nuwe Testament

Hoséa 5:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HOOR dit, o priesters, en let op, o huis van Israel, en gee gehoor, o huis van die koning! Want die vonnis raak julle, omdat julle vir Mispa ’n vangnet geword het en ’n uitgespreide net op Tabor.

2. Ja, in verderflike praktyke verdiep die afvalliges hulle, maar Ek sal hulle almal tot tugtiging wees.

3. Ek ken Efraim, en Israel is vir My nie verborge nie; want nou het jy owerspel bedrywe, o Efraim! Israel is verontreinig.

4. Hulle dade gedoog geen terugkeer tot hulle God nie, want daar is ’n gees van hoerery in hulle binneste, en hulle ken die Here nie.

5. En die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en Israel en Efraim sal struikel deur hulle ongeregtigheid, ook Juda sal saam met hulle struikel.

6. Met hulle kleinvee en hulle beeste sal hulle heengaan om die Here te soek, maar Hom nie vind nie. Hy het Hom aan hulle onttrek.

7. Hulle het troueloos gehandel teen die Here, want hulle het onegte kinders verwek; nou sal die nuwemaan hulle met hul velde verteer.

8. Blaas die basuin in Gíbea, die trompet in Rama! Hef aan die krygsgeskreeu in Bet-Awen. Agter jou kom dit, Benjamin!

9. Efraim sal ’n woesteny word op die dag van straf; onder die stamme van Israel maak Ek bekend wat seker is.

Lees volledige hoofstuk Hoséa 5