Ou Testament

Nuwe Testament

Hoséa 2:14-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Dan sal Ek haar daarvandaan haar wingerde gee en die dal Agor tot ’n deur van hoop, en daar sal sy antwoord gee soos in die dae van haar jeug en soos die dag toe sy uit Egipteland opgetrek het.

15. En in dié dag, spreek die Here, sal jy My noem: My man; en jy sal my nie meer noem: My Baäl nie.

16. Dan verwyder Ek die name van die Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie.

17. Verder sluit Ek in dié dag vir hulle ’n verbond met die wilde diere van die veld en met die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde; ja, boog en swaard en oorlog sal Ek verbreek uit die land, en Ek sal hulle in veiligheid laat rus.

18. En Ek sal My met jou verloof tot in ewigheid en My met jou verloof in geregtigheid en in reg en in goedertierenheid en in ontferming.

19. En Ek sal My met jou verloof in trou; dan sal jy die Here ken.

20. En in dié dag sal Ek verhoor, spreek die Here, Ek sal die hemel verhoor en dié sal die aarde verhoor.

21. En die aarde sal die koring verhoor en die mos en die olie, en dié sal Jísreël verhoor.

22. En Ek sal haar vir My saai in die land en My oor Lo-Rugáma ontferm, en aan Lo-Ammi sê: Jy is my volk; en hy sal sê: My God!

Lees volledige hoofstuk Hoséa 2