Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 5:9-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Wat is u beminde meer as ’n ander beminde, o skoonste onder die vroue — wat is u beminde meer as ’n ander beminde, dat u ons so besweer het?

10. My beminde is skitterend wit en rooi, uitnemender as tienduisend.

11. Sy hoof is goud, suiwer goud; sy haarlokke is golwende, swart soos ’n raaf,

12. sy oë soos duiwe by waterstrome, in melk gewas, sittend by ’n volle bron.

13. Sy wange is soos balsembeddings, terrasbeddings van geurige plante; sy lippe is lelies wat van vloeiende mirre drup.

14. Sy hande is ronde stawe van goud, ingevul met chrisoliet, sy liggaam ’n kunswerk van ivoor, bedek met saffierstene.

15. Sy bene is marmerpilare wat rus op voetstukke van fyn goud; sy gestalte is soos die Líbanon, uitgesoek soos die seders.

16. Sy verhemelte is pure soetigheid, ja, hy is geheel en al die lieflikheid self. Dit is my beminde en dit is my vriend, dogters van Jerusalem.

Lees volledige hoofstuk Hooglied 5