Ou Testament

Nuwe Testament

Haggai 2:12-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. As iemand heilige vleis in die slip van sy kleed dra, en hy sou met sy slip aan brood raak of iets wat gekook is, of wyn of olie of watter spys ook al, sal dit heilig word? En die priesters het geantwoord en gesê: Nee.

13. Daarop sê Haggai: As iemand wat deur ’n lyk verontreinig is, aan al hierdie dinge sou raak, sal dit onrein wees? En die priesters het geantwoord en gesê: Dit sal onrein wees.

14. Toe antwoord Haggai en sê: Só is in my oë hierdie volk en só hierdie nasie, spreek die Here, en só is al die werk van hulle hande en wat hulle dáár offer — onrein is dit.

15. Merk dan nou tog op, van hierdie dag af terug! Voordat hulle steen op steen gelê het in die tempel van die Here,

16. in dié tyd het iemand gekom by ’n koringmied van twintig maat, en daar was maar tien; hy het gekom by die parskuip om vyftig emmers te skep, en daar was maar twintig.

17. Ek het julle swaar getref met brandkoring en heuningdou en hael — al die werk van julle hande — nogtans het niemand van julle hom tot My gewend nie, spreek die Here.

Lees volledige hoofstuk Haggai 2