Ou Testament

Nuwe Testament

Hábakuk 2:10-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Jy het skande beraadslaag vir jou huis: die uitroeiing van baie volke, en het jou lewe verbeur.

11. Want die steen uit die muur roep, en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord.

12. Wee hom wat ’n stad bou met bloed en ’n vesting stig deur onreg.

13. Kyk, kom dit nie van die Here van die leërskare dat volke arbei vir vuur en nasies hulle afmat vir niks nie?

14. Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

15. Wee hom wat aan sy naaste drank gee, wat jou gif daarmee meng, en hulle ook dronk maak om hulle naaktheid te aanskou.

16. Jy het jou versadig met skande in plaas van met eer — drink jy ook nou, en wees ontbloot. Na jou toe sal die beker van die regterhand van die Here omgaan, en skande tref jou eer.

17. Want die geweld aan die Líbanon gepleeg, sal jou oordek; en die verwoesting waarmee die diere skrikgemaak is — weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.

18. Wat baat ’n gesnede beeld dat sy maker dit reggekap het, ’n gegote beeld, wat ’n leuenleraar is, dat die maker op sy eie maaksel vertrou, deur stomme afgode te maak?

Lees volledige hoofstuk Hábakuk 2