Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 8:9-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Maar die duif het geen rusplek vir die holte van sy voet gevind nie en na hom teruggekeer in die ark; want die waters was oor die hele aarde. So het hy dan sy hand uitgesteek en hom gegryp en in die ark by hom gebring.

10. Daarna het hy weer sewe dae gewag. Toe stuur hy die duif weer uit die ark.

11. En die duif het teen die aand na hom gekom, en daar was ’n groen olyfblad in sy bek! Toe merk Noag dat die waters oor die aarde verminder het.

12. Daarna wag hy weer sewe dae en stuur die duif uit. Maar hy het nie weer na hom teruggekeer nie.

13. In die seshonderd-en-eerste jaar, in die eerste maand, op die eerste van die maand, het die waters weggedroog van die aarde af. En Noag het die deksel van die ark weggeneem en uitgekyk, en die aarde was droog —

14. in die tweede maand, op die sewen-en-twintigste dag van die maand, was die aarde droog.

15. En God het met Noag gespreek en gesê:

16. Gaan uit die ark, jy en jou vrou en jou seuns en die vroue van jou seuns saam met jou.

17. Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by jou is, van alle vlees: die voëls en die vee en al die diere wat op die aarde kruip, dat hulle kan wemel op die aarde en vrugbaar wees en vermeerder op die aarde.

18. Toe gaan Noag uit en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom.

Lees volledige hoofstuk Génesis 8