Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 49:23-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

23. Die boogskutters het hom wel geprikkel en hom beskiet en hom bestry,

24. maar sy boog het sterk gebly, en die arms van sy hande was buigsaam, deur die hande van die Magtige van Jakob — daarvandaan waar die Herder, die Steen van Israel, is,

25. van die God van jou vader, wat jou help, en met die hulp van die Almagtige wat jou seën met seëninge van die hemel daarbo, met seëninge van die watervloed wat daaronder lê, met seëninge van borste en moederskoot.

26. Die seëninge wat jou vader ontvang het, oortref die seëninge van die ewige berge, die kostelike gawes van die ewige heuwels. Dit sal wees op die hoof van Josef en op die hoofskedel van die uitverkorene onder sy broers.

27. Benjamin is ’n wolf wat verskeur; in die môre eet hy sy prooi, en in die aand deel hy buit uit.

28. Húlle almal is die twaalf stamme van Israel; en dit is wat hulle vader aan hulle gesê het, en hy het hulle geseën; hy het hulle geseën, elkeen volgens sy besondere seën.

29. Daarna het hy hulle bevel gegee en aan hulle gesê: Ek word versamel by my volk. Begrawe my by my vaders in die spelonk wat op die stuk grond van Efron, die Hetiet, is;

30. in die spelonk wat op die stuk grond van Magpéla is, wat oos van Mamre lê, in die land Kanaän; die stuk grond wat Abraham van Efron, die Hetiet, as eiendomsgraf gekoop het.

31. Daar het hulle Abraham begrawe en Sara, sy vrou; daar het hulle Isak begrawe en Rebekka, sy vrou; en daar het ek Lea begrawe —

32. die stuk grond en die spelonk wat daarin is, wat gekoop is van die seuns van Het.

Lees volledige hoofstuk Génesis 49