Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 49:17-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Laat Dan ’n slang wees op die weg, ’n horingslang op die pad, wat die perd aan die hakskene byt, sodat sy ruiter agteroorval.

18. Op u verlossing wag ek, Here!

19. Gad — ’n bende sal hom aanval, maar hý sal hulle aan die hakskeen gryp.

20. Aser, sy spys is vet, en hý lewer koninklike lekkernye.

21. Náftali is soos ’n wildsbok so vry, hy wat mooi woorde laat hoor.

22. Josef is ’n jong vrugteboom, ’n jong vrugteboom by ’n fontein; sy takke klim oor die muur.

23. Die boogskutters het hom wel geprikkel en hom beskiet en hom bestry,

24. maar sy boog het sterk gebly, en die arms van sy hande was buigsaam, deur die hande van die Magtige van Jakob — daarvandaan waar die Herder, die Steen van Israel, is,

25. van die God van jou vader, wat jou help, en met die hulp van die Almagtige wat jou seën met seëninge van die hemel daarbo, met seëninge van die watervloed wat daaronder lê, met seëninge van borste en moederskoot.

26. Die seëninge wat jou vader ontvang het, oortref die seëninge van die ewige berge, die kostelike gawes van die ewige heuwels. Dit sal wees op die hoof van Josef en op die hoofskedel van die uitverkorene onder sy broers.

Lees volledige hoofstuk Génesis 49