Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 42:1-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE Jakob merk dat daar koring in Egipte was, het Jakob aan sy seuns gesê: Wat kyk julle so na mekaar?

2. En hy sê: Kyk, ek het gehoor dat daar koring in Egipte is; trek daarheen af, en koop vir ons daar koring, dat ons kan lewe en nie sterwe nie.

3. Daarop het tien van Josef se broers afgetrek om koring uit Egipte te koop.

4. Maar Benjamin, die broer van Josef, het Jakob nie saam met sy broers gestuur nie; want hy het gedink: Altemit kan ’n ongeluk hom oorkom.

5. So het die seuns van Israel dan gekom om koring te koop onder diegene wat daar aangekom het; want daar was hongersnood in die land Kanaän.

6. En Josef was die maghebber oor die land, hy wat aan al die mense van die land koring verkoop het; daarom het die broers van Josef gekom en hulle voor hom met die aangesig na die aarde gebuig.

7. Sodra Josef sy broers sien, het hy hulle herken maar hom vreemd teenoor hulle gehou en hulle hard aangespreek en vir hulle gesê: Waar kom julle vandaan? En hulle antwoord: Uit die land Kanaän om voedsel te koop.

8. En Josef het sy broers herken, maar húlle het hom nie herken nie.

9. Toe dink Josef aan die drome wat hy aangaande hulle gedroom het; en hy sê vir hulle: Julle is spioene, julle het gekom om te kyk waar die land oop is.

10. Maar hulle het hom geantwoord: Nee, my heer, maar u dienaars het gekom om voedsel te koop.

11. Ons is almal seuns van een man, ons is eerlike mense; u dienaars is geen spioene nie.

12. Toe sê hy vir hulle: Nee, maar julle het gekom om te kyk waar die land oop is.

13. En hulle antwoord: U dienaars is twaalf in getal, ons is broers, seuns van een man in die land Kanaän; en kyk, die jongste is nou by ons vader, maar die eenis daar nie meer nie.

14. Toe sê Josef vir hulle: Dit is wat ek julle gesê het: Julle is spioene!

Lees volledige hoofstuk Génesis 42