Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 38:19-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. En sy het opgestaan en weggegaan en haar sluier afgehaal en die klere van haar weduweeskap aangetrek.

20. En Juda het die boklam gestuur deur middel van sy vriend, die Adullamiet, om die pand uit die hand van die vrou te gaan haal. Maar hy het haar nie gevind nie.

21. Toe vra hy die mense van haar woonplek: Waar is daardie hoer wat in Enaim by die pad was? En hulle antwoord: Hier was geen hoer nie.

22. Daarop gaan hy na Juda terug met die berig: Ek het haar nie gevind nie. En die mense van die plek het ook gesê: Hier was geen hoer nie.

23. Toe sê Juda: Laat sy dit hou, dat ons nie ’n bespotting word nie. Kyk, ek het hierdie boklam gestuur, maar jy het haar nie gevind nie.

24. Ná omtrent drie maande het hulle Juda laat weet en gesê: Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en sy is ook swanger deur hoerery! En Juda sê: Bring haar uit, dat sy verbrand kan word.

Lees volledige hoofstuk Génesis 38