Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 3:2-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,

3. maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.

4. Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;

5. maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.

6. Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ’n lus was vir die oë, ja, ’n boom wat ’n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.

7. Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.

Lees volledige hoofstuk Génesis 3