Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 27:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE Isak oud geword het en sy oë swak was, sodat hy nie kon sien nie, het hy sy oudste seun Esau geroep en vir hom gesê: My seun! En hy het hom geantwoord: Hier is ek!

2. Toe sê hy: Kyk tog, ek het oud geword, ek weet die dag van my dood nie.

3. Neem dan nou tog jou wapens, jou pylkoker en jou boog, en gaan uit in die veld en jag vir my ’n stuk wild

4. en maak vir my lekker ete klaar soos ek dit graag wil hê; en bring dit vir my om te eet; sodat my siel jou kan seën voordat ek sterwe.

5. En Rebekka het geluister terwyl Isak met sy seun Esau spreek. En Esau het in die veld gegaan om ’n stuk wild te jag en dit te bring.

6. Toe het Rebekka met haar seun Jakob gespreek: Kyk, ek het jou vader met jou broer Esau hoor spreek en sê:

7. Bring vir my ’n stuk wild en maak vir my lekker ete, dat ek kan eet en jou kan seën voor die aangesig van die Here voor my dood.

8. My seun, luister dan nou na my, na wat ek jou beveel.

9. Loop nou na die kleinvee en gaan haal vir my daar twee mooi bokkies, dat ek jou vader daarvan ’n lekker ete kan maak soos hy dit graag wil hê.

10. Dan moet jy dit na jou vader bring, dat hy kan eet; sodat hy jou kan seën voor sy dood.

11. Toe sê Jakob vir sy moeder Rebekka: Kyk, my broer Esau is ’n harige man en ek is ’n gladde man.

12. Miskien sal my vader my betas, en ek sal in sy oë wees soos ’n spotter; so sou ek dan ’n vloek oor my bring en nie ’n seën nie.

Lees volledige hoofstuk Génesis 27