Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 24:62-67 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

62. En Isak het uit die rigting van die put Lagai-Roï gekom; want hy het gaan woon in die Suidland.

63. En Isak het teen die aand uitgegaan om te peins in die veld. En toe hy sy oë opslaan, sien hy meteens kamele aankom.

64. Rebekka het ook haar oë opgeslaan en Isak gesien. Toe het sy van die kameel afgegly

65. en aan haar dienaar gesê: Watter man is dit wat ons tegemoetloop in die veld? En die dienaar antwoord: Dit is my heer. Toe neem sy die sluier en bedek haar.

66. Daarop het die dienaar aan Isak alles vertel wat hy gedoen het.

67. En Isak het haar in die tent van sy moeder Sara ingebring en Rebekka geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het haar liefgehad. So is Isak dan getroos ná die dood van sy moeder.

Lees volledige hoofstuk Génesis 24