Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 24:56-65 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

56. Maar hy antwoord hulle: Moet my nie ophou nie aangesien die Here my weg voorspoedig gemaak het; laat my trek, dat ek na my heer kan gaan.

57. Toe sê hulle: Laat ons die dogter roep en haar self vra.

58. En hulle het Rebekka geroep en haar gevra: Wil jy met hierdie man saamgaan? En sy antwoord: Ja.

59. Daarop het hulle Rebekka, hulle suster, en haar oppasser laat trek saam met die dienaar van Abraham en sy manne.

60. En hulle het Rebekka geseën en aan haar gesê: Ons suster, mag jy duisende van tienduisende word, en mag jou nageslag die poort van sy vyande in besit neem!

61. Toe het Rebekka en haar diensmeisies hulle klaargemaak en op die kamele weggery en die man gevolg. So het die dienaar dan Rebekka saamgeneem en weggetrek.

62. En Isak het uit die rigting van die put Lagai-Roï gekom; want hy het gaan woon in die Suidland.

63. En Isak het teen die aand uitgegaan om te peins in die veld. En toe hy sy oë opslaan, sien hy meteens kamele aankom.

64. Rebekka het ook haar oë opgeslaan en Isak gesien. Toe het sy van die kameel afgegly

65. en aan haar dienaar gesê: Watter man is dit wat ons tegemoetloop in die veld? En die dienaar antwoord: Dit is my heer. Toe neem sy die sluier en bedek haar.

Lees volledige hoofstuk Génesis 24