Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 24:50-62 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

50. Toe antwoord Laban en Bétuel en sê: Van die Here kom die saak; ons kan jou daar geen kwaad of goed van spreek nie.

51. Daar staan Rebekka voor jou, neem haar en gaan heen, dat sy ’n vrou kan wees vir die seun van jou heer, soos die Here gespreek het.

52. Toe die dienaar van Abraham hulle woorde hoor, het hy hom voor die Here neergebuig na die aarde toe.

53. Daarna het die dienaar silwer- en goue goed en klere uitgehaal en dit aan Rebekka gegee; ook aan haar broer en haar moeder het hy kosbare geskenke gegee.

54. En hulle het geëet en gedrink, hy en die manne wat by hom was, en die nag oorgebly. Toe hulle die môre vroeg opgestaan het, sê hy: Laat my trek na my heer!

55. Maar haar broer en haar moeder sê: Laat die dogter ’n dag of tien by ons bly; daarna kan jy heengaan.

56. Maar hy antwoord hulle: Moet my nie ophou nie aangesien die Here my weg voorspoedig gemaak het; laat my trek, dat ek na my heer kan gaan.

57. Toe sê hulle: Laat ons die dogter roep en haar self vra.

58. En hulle het Rebekka geroep en haar gevra: Wil jy met hierdie man saamgaan? En sy antwoord: Ja.

59. Daarop het hulle Rebekka, hulle suster, en haar oppasser laat trek saam met die dienaar van Abraham en sy manne.

60. En hulle het Rebekka geseën en aan haar gesê: Ons suster, mag jy duisende van tienduisende word, en mag jou nageslag die poort van sy vyande in besit neem!

61. Toe het Rebekka en haar diensmeisies hulle klaargemaak en op die kamele weggery en die man gevolg. So het die dienaar dan Rebekka saamgeneem en weggetrek.

62. En Isak het uit die rigting van die put Lagai-Roï gekom; want hy het gaan woon in die Suidland.

Lees volledige hoofstuk Génesis 24