Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 11:5-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Toe daal die Here neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het.

6. En die Here sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.

7. Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.

8. So het die Here hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.

9. Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die Here die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die Here hulle oor die hele aarde verstrooi.

10. DIT is die stamboom van Sem: Toe Sem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpágsad geword, twee jaar ná die vloed.

11. En Sem het ná die geboorte van Arpágsad nog vyfhonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

12. Toe Arpágsad vyf-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Selag geword.

13. En Arpágsad het ná die geboorte van Selag nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

14. Toe Selag dertig jaar oud was, het hy die vader van Heber geword.

15. En Selag het ná die geboorte van Heber nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

16. Toe Heber vier-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Peleg geword.

17. En Heber het ná die geboorte van Peleg nog vierhonderd-en-dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

Lees volledige hoofstuk Génesis 11