hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

Die toring van Babel.

1. EN die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde.

2. En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle ’n laagte in die land Sínear; en daar het hulle gaan woon.

3. Daarop sê hulle vir mekaar: Kom laat ons stene vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die lymgrond vir klei.

4. En hulle sê: Kom, laat ons vir ons ’n stad bou en ’n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ’n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.

5. Toe daal die Here neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het.

6. En die Here sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.

7. Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.

8. So het die Here hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.

9. Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die Here die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die Here hulle oor die hele aarde verstrooi.

Afstammelinge van Sem.

10. DIT is die stamboom van Sem: Toe Sem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpágsad geword, twee jaar ná die vloed.

11. En Sem het ná die geboorte van Arpágsad nog vyfhonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

12. Toe Arpágsad vyf-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Selag geword.

13. En Arpágsad het ná die geboorte van Selag nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

14. Toe Selag dertig jaar oud was, het hy die vader van Heber geword.

15. En Selag het ná die geboorte van Heber nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

16. Toe Heber vier-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Peleg geword.

17. En Heber het ná die geboorte van Peleg nog vierhonderd-en-dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

18. Toe Peleg dertig jaar oud was, het hy die vader van Rehu geword.

19. En Peleg het ná die geboorte van Rehu nog tweehonderd-en-nege jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

20. Toe Rehu twee-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Serug geword.

21. En Rehu het ná die geboorte van Serug nog tweehonderd-en-sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

22. Toe Serug dertig jaar oud was, het hy die vader van Nahor geword.

23. En Serug het ná die geboorte van Nahor tweehonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

24. Toe Nahor negen-en-twintig jaar oud was, het hy die vader van Tera geword.

25. En Nahor het ná die geboorte van Tera nog honderd-en-negentien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

26. Toe Tera sewentig jaar oud was, het hy die vader geword van Abram, Nahor en Haran.

27. En dit is die stamboom van Tera: Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran van Lot.

28. En Haran het gesterwe terwyl sy vader Tera nog geleef het, in sy geboorteland, in Ur van die Chaldeërs.

29. En Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou was Milka, die dogter van Haran, die vader van Milka en die vader van Jiska.

30. En Sarai was onvrugbaar, sy het geen kind gehad nie.

31. En Tera het sy seun Abram geneem en Lot, die seun van Haran, sy kleinseun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Abram, en dié het saam met hulle uit Ur van die Chaldeërs getrek om na die land Kanaän te gaan. En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon.

32. En die dae van Tera was tweehonderd-en-vyf jaar, en Tera het in Haran gesterwe.