Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 11:16-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Toe Heber vier-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Peleg geword.

17. En Heber het ná die geboorte van Peleg nog vierhonderd-en-dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

18. Toe Peleg dertig jaar oud was, het hy die vader van Rehu geword.

19. En Peleg het ná die geboorte van Rehu nog tweehonderd-en-nege jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

20. Toe Rehu twee-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Serug geword.

21. En Rehu het ná die geboorte van Serug nog tweehonderd-en-sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

22. Toe Serug dertig jaar oud was, het hy die vader van Nahor geword.

23. En Serug het ná die geboorte van Nahor tweehonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

24. Toe Nahor negen-en-twintig jaar oud was, het hy die vader van Tera geword.

25. En Nahor het ná die geboorte van Tera nog honderd-en-negentien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

26. Toe Tera sewentig jaar oud was, het hy die vader geword van Abram, Nahor en Haran.

27. En dit is die stamboom van Tera: Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran van Lot.

28. En Haran het gesterwe terwyl sy vader Tera nog geleef het, in sy geboorteland, in Ur van die Chaldeërs.

29. En Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou was Milka, die dogter van Haran, die vader van Milka en die vader van Jiska.

30. En Sarai was onvrugbaar, sy het geen kind gehad nie.

31. En Tera het sy seun Abram geneem en Lot, die seun van Haran, sy kleinseun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Abram, en dié het saam met hulle uit Ur van die Chaldeërs getrek om na die land Kanaän te gaan. En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon.

32. En die dae van Tera was tweehonderd-en-vyf jaar, en Tera het in Haran gesterwe.

Lees volledige hoofstuk Génesis 11