Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 9:2-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Want as jy weier om hulle te laat trek en hulle nog langer vashou,

3. kyk, dan sal die hand van die Here wees teen jou vee wat in die veld is, teen die perde, teen die esels, teen die kamele, teen die beeste en teen die kleinvee met ’n baie swaar pes.

4. En die Here sal ’n onderskeid maak tussen die vee van die Israeliete en die vee van die Egiptenaars, sodat niks sal doodgaan van alles wat aan die kinders van Israel behoort nie.

5. En die Here het ’n bepaalde tyd gestel en gesê: Môre sal die Here dit doen in die land.

6. En die Here het dit die volgende dag gedoen: al die vee van die Egiptenaars het doodgegaan. Maar van die vee van die kinders van Israel is nie een dood nie.

7. Farao het toe gestuur, en kyk, van die vee van die Israeliete was daar nie een dood nie! Maar die hart van Farao was verhard, en hy het die volk nie laat trek nie.

8. VERDER het die Here aan Moses en Aäron gesê: Neem julle twee hande vol roet uit die oond, en laat Moses dit na die hemel uitstrooi voor die oë van Farao;

9. en dit sal fyn stof word oor die hele Egipteland en aan mense en diere swere veroorsaak wat in blare uitbreek, in die hele Egipteland.

10. So het hulle dan roet uit die oond geneem en voor Farao gaan staan, en Moses het dit na die hemel uitgestrooi. Toe word dit swere wat uitbreek in blare aan mense en diere.

11. En die towenaars kon voor Moses nie staan vanweë die swere nie. Want die swere was aan die towenaars en al die Egiptenaars.

12. Maar die Here het Farao se hart verhard, sodat hy nie na hulle geluister het nie, soos die Here aan Moses gesê het.

13. VERDER het die Here aan Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao en sê vir hom: So spreek die Here, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.

14. Want hierdie keer sal Ek al my plae in jou hart stuur, en teen jou dienaars en jou volk, dat jy kan weet dat daar niemand op die hele aarde is soos Ek nie.

15. Want anders sou Ek my hand uitgestrek en jou en jou volk met die pes getref het, en jy sou van die aarde verdelg gewees het;

Lees volledige hoofstuk Exodus 9