Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 7:19-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Verder het die Here met Moses gespreek: Sê vir Aäron: Neem jou staf en steek jou hand uit oor die waters van die Egiptenaars, oor hulle strome, hulle kanale, hulle waterkuile en oor al hulle versamelplekke van water, sodat dit bloed word: daar sal bloed in die hele Egipteland wees, ook in hout — en in klipbakke.

20. Moses en Aäron het toe so gedoen soos die Here beveel het — hy het die staf opgehef en die water wat in die Nyl was, geslaan voor die oë van Farao en voor die oë van sy dienaars; en al die water in die Nyl is in bloed verander.

21. En die visse wat in die Nyl was, het doodgegaan; en die Nyl het gestink, sodat die Egiptenaars die water uit die Nyl nie kon drink nie. En daar was bloed in die hele Egipteland.

22. Maar die Egiptiese towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste, sodat Farao se hart verhard is; en hy het na hulle nie geluister nie, soos die Here gespreek het.

23. En Farao het omgedraai en huis toe gegaan en dit ook nie ter harte geneem nie.

24. Maar al die Egiptenaars het rondom die Nyl na water gegrawe om te drink, want hulle kon van die Nyl se water nie drink nie.

25. So het dan sewe dae verbygegaan nadat die Here die Nyl geslaan het.

Lees volledige hoofstuk Exodus 7