Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 4:12-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Gaan dan nou heen, en Ek sal met jou mond wees en jou leer wat jy moet sê.

13. Maar hy sê: Ag, Here, stuur tog deur wie U wil stuur.

14. Toe ontvlam die toorn van die Here teen Moses, en Hy sê: Is jou broer Aäron, die Leviet, nie daar nie? Ek weet dat hý goed kan praat. En hy gaan ook al uit om jou te ontmoet, en as hy jou sien, sal hy bly wees in sy hart.

15. Jy moet dan met hom spreek en die woorde in sy mond lê. En Ék sal met jou mond en sy mond wees en julle leer wat julle moet doen.

16. En hy moet vir jou met die volk spreek, en dan sal hy vir jou ’n mond wees en jy vir hom ’n god wees.

17. Neem dan hierdie staf in jou hand waarmee jy die tekens moet doen.

18. TOE gaan Moses weg en kom by sy skoonvader Jetro terug, en hy sê vir hom: Laat my tog trek en na my broers teruggaan wat in Egipte is, om te sien of hulle nog lewe. En Jetro sê vir Moses: Gaan in vrede.

19. Ook het die Here vir Moses in Mídian gesê: Gaan heen, keer terug na Egipte; want al die manne wat jou lewe gesoek het, is dood.

20. Moses neem toe sy vrou en sy seuns en laat hulle op ’n esel ry, terug na Egipteland. Moses het ook die staf van God in sy hand geneem.

Lees volledige hoofstuk Exodus 4