Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 37:21-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. daar was ’n knop onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en ’n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en ’n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan — vir die ses arms wat daaruit uitgaan.

22. Hulle knoppe en hulle arms was, daarmee saam, uit een stuk — alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.

23. En hy het sewe lampe daarvoor gemaak en sy snuiters en sy bakkies van suiwer goud.

24. Van ’n talent suiwer goud het hy dit gemaak met al sy gereedskap.

25. En hy het die reukaltaar van akasiahout gemaak; ’n el was sy lengte en ’n el sy breedte, vierkantig, en twee el sy hoogte. Sy horings was, daarmee saam, uit een stuk.

26. En hy het dit met suiwer goud oorgetrek: die plaat, die sykante en die horings. En hy het daarvoor ’n goue krans gemaak rondom.

27. Hy het ook twee goue ringe daarvoor gemaak, onderkant die krans aan weerskante, aan die twee sykante, as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.

28. En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek.

29. Hy het ook die heilige salfolie gemaak en die suiwer reukwerk van speserye, soos ’n salfmenger dit maak.

Lees volledige hoofstuk Exodus 37