Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 37:13-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Hy het ook vier goue ringe daarvoor gegiet; en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote.

14. Naby die lys was die ringe as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.

15. Hy het ook die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek om die tafel te dra.

16. En hy het die gereedskap gemaak wat op die tafel moes wees: sy skottels en sy rookpanne en sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word, van suiwer goud.

17. Hy het ook die kandelaar van suiwer goud gemaak. Van dryfwerk het hy die kandelaar gemaak, sy voetstuk en sy stam; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme was, daarmee saam, uit een stuk.

18. En ses arms het uit die sykante daarvan uitgegaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.

19. Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, ’n knop en ’n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, ’n knop en ’n blom — so was dit aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.

20. Maar aan die kandelaar self was vier kelkies soos amandelblomme, met knoppe en blomme:

21. daar was ’n knop onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en ’n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en ’n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan — vir die ses arms wat daaruit uitgaan.

22. Hulle knoppe en hulle arms was, daarmee saam, uit een stuk — alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.

23. En hy het sewe lampe daarvoor gemaak en sy snuiters en sy bakkies van suiwer goud.

24. Van ’n talent suiwer goud het hy dit gemaak met al sy gereedskap.

25. En hy het die reukaltaar van akasiahout gemaak; ’n el was sy lengte en ’n el sy breedte, vierkantig, en twee el sy hoogte. Sy horings was, daarmee saam, uit een stuk.

Lees volledige hoofstuk Exodus 37