Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 32:25-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. Toe Moses sien dat die volk bandeloos was — want Aäron het hulle bandeloos laat word tot leedvermaak onder hulle teëstanders —

26. het Moses in die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie vír die Here is, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom versamel.

27. En hy het vir hulle gesê: So spreek die Here, die God van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak.

28. En die seuns van Levi het gehandel volgens die woord van Moses, en daar het van die volk op dié dag omtrent drieduisend man geval.

29. Toe het Moses gesê: Vul vandag julle hand om te offer aan die Here — want elkeen is teen sy seun en teen sy broer — sodat Hy vandag ’n seën oor julle kan gee.

30. EN die volgende dag het Moses aan die volk gesê: Júlle het ’n groot sonde begaan; maar nou sal ek na die Here opklim: miskien kan ek vir julle sonde versoening doen.

31. En Moses het na die Here teruggegaan en gesê: Ag, hierdie volk het ’n groot sonde begaan en vir hulle goue gode gemaak.

Lees volledige hoofstuk Exodus 32