Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 31:11-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. ook die salfolie en die reukwerk van speserye vir die heiligdom — net soos Ek jou beveel het, moet hulle dit maak.

12. VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:

13. Spreek jý met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ’n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die Here is wat julle heilig.

14. Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.

15. Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees ’n dag van volkome rus, heilig aan die Here. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word.

16. En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as ’n ewige verbond.

17. Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ’n teken; want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.

18. En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.

Lees volledige hoofstuk Exodus 31