Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 29:38-46 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

38. EN dit is wat jy op die altaar moet berei: twee jaaroud lammers gereeld elke dag.

39. Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei,

40. met ’n tiende van ’n efa fynmeel, gemeng met ’n kwart-hin uitgestampte olie, en as drankoffer ’n kwart-hin wyn vir die een lam.

41. En die ander lam moet jy teen die aand berei. Jy moet dit klaarmaak volgens die môrespysoffer en volgens die drankoffer wat daarby behoort, tot ’n lieflike geur. Dit is ’n vuuroffer aan die Here.

42. Dit moet ’n voortdurende brandoffer vir julle geslagte wees, by die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die Here, waar Ek met julle sal saamkom om daar met jou te spreek.

43. En daar sal Ek met die kinders van Israel saamkom en die tent sal deur my heerlikheid geheilig word.

44. So sal Ek dan die tent van samekoms en die altaar heilig. Ek sal Aäron en sy seuns ook heilig om vir My die priesteramp te bedien.

45. En Ek sal onder die kinders van Israel woon en vir hulle ’n God wees;

46. en hulle sal weet dat Ek die Here hulle God is wat hulle uit Egipteland uitgelei het om in hulle midde te woon. Ek is die Here hulle God.

Lees volledige hoofstuk Exodus 29