Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 29:35-44 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

35. So moet jy dan met Aäron en sy seuns doen net soos Ek jou beveel het. Sewe dae lank moet hulle wyding duur.

36. Jy moet ook daagliks ’n sondofferbul tot versoening berei en die altaar ontsondig deur daarvoor versoening te doen; en jy moet dit salf om dit te heilig.

37. Sewe dae lank moet jy versoening doen vir die altaar en dit heilig. So sal dan die altaar hoogheilig word: elkeen wat aan die altaar raak, word heilig.

38. EN dit is wat jy op die altaar moet berei: twee jaaroud lammers gereeld elke dag.

39. Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei,

40. met ’n tiende van ’n efa fynmeel, gemeng met ’n kwart-hin uitgestampte olie, en as drankoffer ’n kwart-hin wyn vir die een lam.

41. En die ander lam moet jy teen die aand berei. Jy moet dit klaarmaak volgens die môrespysoffer en volgens die drankoffer wat daarby behoort, tot ’n lieflike geur. Dit is ’n vuuroffer aan die Here.

42. Dit moet ’n voortdurende brandoffer vir julle geslagte wees, by die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die Here, waar Ek met julle sal saamkom om daar met jou te spreek.

43. En daar sal Ek met die kinders van Israel saamkom en die tent sal deur my heerlikheid geheilig word.

44. So sal Ek dan die tent van samekoms en die altaar heilig. Ek sal Aäron en sy seuns ook heilig om vir My die priesteramp te bedien.

Lees volledige hoofstuk Exodus 29