Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 28:39-41 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

39. Jy moet ook die rok van fyn linne kunstig bewerk. Jy moet ook ’n tulband van fyn linne maak, en ’n gordel moet jy van veelkleurige werk maak.

40. En maak rokke vir die seuns van Aäron, en maak vir hulle gordels. Ook moet jy vir hulle musse maak, tot eer en tot sieraad.

41. En trek dit jou broer Aäron en sy seuns saam met hom aan. En salf hulle en stel hulle aan en heilig hulle, sodat hulle vir My die priesteramp kan bedien.

Lees volledige hoofstuk Exodus 28