Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 28:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DAN moet jý jou broer Aäron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van Israel, laat nader kom na jou toe, dat hy vir My die priesteramp kan bedien: Aäron, Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar, die seuns van Aäron.

2. En jy moet vir jou broer Aäron heilige klere maak, tot eer en tot sieraad.

3. Jy moet ook spreek met almal wat kunsvaardig is, wat Ek met die gees van wysheid vervul het, dat hulle vir Aäron klere maak, om hom te heilig, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.

4. En dit is die klere wat hulle moet maak: ’n borstas en ’n skouerkleed en ’n mantel en ’n kunstig bewerkte rok, ’n tulband en ’n gordel; so moet hulle dan vir Aäron, jou broer, heilige klere maak, en vir sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.

5. En hulle moet die goud en die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne neem.

Lees volledige hoofstuk Exodus 28