Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 27:12-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. En in die breedte van die voorhof, aan die westekant, moet daar behangsels van vyftig el wees; daarby tien pilare en hulle tien voetstukke.

13. En die breedte van die voorhof aan die oostekant, teen sonop, vyftig el —

14. sodat daar vyftien el behangsels vir die een kant is, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;

15. en vir die ander kant vyftien el behangsels, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;

16. en vir die poort van die voorhof ’n bedekking van twintig el, van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke.

17. Al die pilare van die voorhof moet rondom van silwerringe voorsien wees; hulle kramme moet van silwer wees en hulle voetstukke van koper.

18. Die lengte van die voorhof moet honderd el wees en die breedte vyftig by vyftig en die hoogte vyf el, van fyn dubbeldraad-linne, daarby voetstukke van koper.

19. Aangaande al die gereedskap van die tabernakel, by sy hele bewerking, en al sy penne en al die penne van die voorhof, hulle moet van koper wees.

20. En jý moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar bring, om gedurigdeur ’n brandende lamp te hê.

21. In die tent van samekoms, buitekant die voorhangsel wat voor die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns dit regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die Here. Dit sal ’n ewige insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van Israel.

Lees volledige hoofstuk Exodus 27