Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 20:14-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Jy mag nie egbreek nie.

15. Jy mag nie steel nie.

16. Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.

17. Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

18. En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ’n afstand bly staan.

19. En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons.

20. Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie.

21. So het die volk dan op ’n afstand bly staan. Maar Moses het nader gegaan na die wolkedonkerheid waar God was.

22. Toe sê die Here vir Moses: So moet jy met die kinders van Israel spreek: Julle het self gesien dat Ek met julle van die hemel af gespreek het.

23. Julle mag naas My geen silwergode maak en geen goue gode vir julle maak nie.

24. ’n Altaar van grond moet jy vir My maak, en daarop moet jy jou brandoffers en dankoffers, jou kleinvee en beeste, offer. Op elke plek waar Ek my Naam sal laat gedenk, sal Ek na jou toe kom en jou seën.

25. Maar as jy vir My ’n klipaltaar maak, mag jy dit nie bou van gekapte klip nie; want as jy jou ystergereedskap daaroor swaai, dan ontheilig jy dit.

26. Jy mag ook nie met trappe na my altaar opklim nie, dat jou skaamte nie daarop ontbloot word nie.

Lees volledige hoofstuk Exodus 20