Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 12:43-51 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

43. VERDER het die Here aan Moses en Aäron gesê: Dit is die insetting van die pasga: Géén uitlander mag daarvan eet nie.

44. Maar elke slaaf wat ’n man met geld gekoop het, dié moet hy besny; dan kan hy daarvan eet.

45. Geen vreemde inwoner of huurling mag daarvan eet nie.

46. In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been daarvan breek nie.

47. Die hele vergadering van Israel moet dit hou.

48. En as ’n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die Here die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos ’n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie.

49. Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef.

50. En al die kinders van Israel het dit gedoen. Soos die Here Moses en Aäron beveel het, so het hulle gedoen.

51. En op daardie selfde dag het die Here die kinders van Israel, volgens hulle leërafdelings, uit Egipteland uitgelei.

Lees volledige hoofstuk Exodus 12