Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 9:4-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Want Mórdegai was groot in die paleis van die koning, en sy gerug het deur al die provinsies gegaan, omdat die man Mórdegai al groter geword het.

5. En die Jode het onder hulle vyande ’n slagting aangerig deur die swaard en deur doodslag en verdelging, en met hulle haters na hulle goedvinde gehandel.

6. En in die vesting Susan het die Jode vyfhonderd man gedood en uitgeroei;

7. en Parsandáta en Dalfon en Aspáta,

8. en Poráta en Adálja en Aridáta,

9. en Parmásta en Arísai en Arídai en Waisáta,

10. die tien seuns van Haman, die seun van Hammedáta, die teëstander van die Jode, het hulle gedood, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie.

11. Op dieselfde dag het die getal van die wat in die vesting Susan gedood is, voor die koning gekom;

12. en die koning het aan koningin Ester gesê: In die vesting Susan het die Jode vyfhonderd man gedood en uitgeroei benewens die tien seuns van Haman; wat sou hulle wel in die ander provinsies van die koning gedoen het? Wat is dan jou bede? — dit sal jou toegestaan word. En wat is verder jou versoek? — daaraan sal voldoen word.

13. Toe sê Ester: As die koning dit goedvind, laat môre ook aan die Jode wat in Susan is, toegestaan word om te handel volgens die wet wat geld vir vandag; en laat hulle die tien seuns van Haman aan die galg ophang.

14. En die koning het bevel gegee om so te doen; en ’n wet is in Susan uitgevaardig, en hulle het die tien seuns van Haman opgehang.

Lees volledige hoofstuk Ester 9