Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 5:10-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. MAAR Haman het hom bedwing; en toe hy by sy huis kom, laat hy sy vriende en sy vrou Seres haal;

11. en Haman vertel hulle van die heerlikheid van sy rykdom en van die veelheid van sy seuns en van alles waarin die koning hom groot gemaak het en hoe hy hom verhef het bo die vorste en die dienaars van die koning.

12. Verder sê Haman: Selfs het koningin Ester niemand saam met die koning na die maaltyd laat kom wat sy aangerig het nie, as net vir my, en ook vir môre is ek deur haar genooi saam met die koning.

13. Maar dit alles baat my niks, solank as ek die Jood Mórdegai in die poort van die koning sien sit.

14. Toe sê sy vrou Seres en al sy vriende vir hom: Laat hulle ’n galg van vyftig el hoog maak, en sê môre vroeg aan die koning dat hulle Mórdegai daaraan moet ophang; gaan dan vrolik saam met die koning na die maaltyd. Dié woord het Haman geval, en hy het die galg laat maak.

Lees volledige hoofstuk Ester 5