Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 2:15-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. Toe die beurt van Ester, die dogter van Abígail, die oom van Mórdegai, wat haar as sy dogter aangeneem het, kom om in te gaan na die koning, het sy niks verlang nie, behalwe wat Hegai, die hofdienaar van die koning wat die vroue bewaak, gesê het; en Ester het guns gevind in die oë van almal wat haar gesien het.

16. Ester is toe by koning Ahasvéros in sy koninklike paleis opgeneem in die tiende maand, dit is die maand Tebet, in die sewende jaar van sy regering.

17. En die koning het Ester liefgekry meer as al die vroue, en sy het guns en welwillendheid voor hom gevind meer as al die jongmeisies; en hy het die koninklike kroon op haar hoof gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vasti.

18. En die koning het ’n groot maaltyd aangerig vir al sy vorste en sy dienaars, die maaltyd van Ester; en hy het ’n vrye dag bepaal vir die provinsies en geskenke gegee, eg koninklik!

19. En toe die jongmeisies vir die tweede keer versamel is, terwyl Mórdegai in die poort van die koning sit —

20. Ester het haar afkoms en haar volk nie te kenne gegee nie, soos Mórdegai haar beveel het; en Ester het die bevel van Mórdegai opgevolg soos toe sy by hom opgevoed is —

21. in dié dae dan, terwyl Mórdegai in die poort van die koning sit, het Bigtan en Teres, twee hofdienaars van die koning, drumpelwagters, kwaad geword en getrag om die hand aan koning Ahasvéros te slaan.

22. Maar Mórdegai het dit te wete gekom en dit aan koningin Ester meegedeel; en Ester het dit uit naam van Mórdegai aan die koning gesê.

23. Toe die saak ondersoek en so bevind is, is hulle twee aan ’n galg opgehang; en dit is in die Kroniekboek voor die koning beskrywe.

Lees volledige hoofstuk Ester 2