Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 8:21-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. Toe het ek daar ’n vastyd uitgeroep aan die rivier Áhawa, om ons te verootmoedig voor die aangesig van onse God ten einde van Hom ’n voorspoedige reis te vra vir ons en ons families en al ons goed.

22. Want ek was skaam om van die koning ’n leër en perderuiters te vra om ons te help teen vyande op die pad, omdat ons met die koning gespreek en gesê het: Die hand van onse God is ten goede oor almal wat Hom soek, maar sy krag en sy toorn oor almal wat Hom verlaat.

23. So het ons dan gevas en onse God dit gevra, en Hy het ons verhoor.

24. Toe het ek van die priesterowerstes twaalf afgesonder: Serébja, Hasábja en tien van hulle broers saam met hulle.

25. En ek het vir hulle die silwer en die goud en die voorwerpe afgeweeg, die offergawe aan die huis van onse God wat die koning en sy raadsmanne en sy vorste en die hele Israel wat aanwesig was, aangebied het.

26. En ek het in hulle hand afgeweeg: seshonderd-en-vyftig talente silwer en silwervoorwerpe van honderd talente, honderd talente in goud,

27. en twintig goue bekers van duisend darieke en twee mooi goudgeel voorwerpe van koper, kosbaar soos goud.

28. En ek het vir hulle gesê: Julle is heilig aan die Here, en die voorwerpe is heilig, en die silwer en die goud is ’n vrywillige gawe aan die Here, die God van julle vaders.

29. Waak daaroor en bewaar dit, totdat julle dit afweeg voor die owerstes van die priesters en die Leviete en die familie-owerstes van Israel in Jerusalem, in die vertrekke van die huis van die Here.

30. Toe het die priesters en die Leviete die gewig van die silwer en die goud en die voorwerpe ontvang om dit na Jerusalem, na die huis van onse God te bring.

31. Daarna het ons weggetrek van die rivier Áhawa af op die twaalfde van die eerste maand, om na Jerusalem te gaan; en die hand van onse God was oor ons, sodat Hy ons gered het uit die hand van die vyand en die wat ons voorlê op die pad.

32. En ons het in Jerusalem aangekom en daar drie dae gebly.

Lees volledige hoofstuk Esra 8