Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 7:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN ná hierdie gebeurtenisse, onder die regering van Artasásta, die koning van Persië, het Esra, die seun van Serája, die seun van Asárja, die seun van Hilkía,

2. die seun van Sallum, die seun van Sadok, die seun van Ahítub,

3. die seun van Amárja, die seun van Asárja, die seun van Mérajot,

4. die seun van Serágja, die seun van Ussi, die seun van Bukki,

5. die seun van Abisúa, die seun van Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van Aäron, die hoëpriester,

6. het hierdie Esra opgetrek uit Babel; en hy was ’n skrifgeleerde, vaardig in die wet van Moses wat die Here, die God van Israel, gegee het; en die koning het, omdat die hand van die Here sy God oor hom was, al sy begeertes ingewillig.

7. Ook van die kinders van Israel en van die priesters en die Leviete en die sangers en die poortwagters en die tempelbediendes het na Jerusalem opgetrek in die sewende jaar van koning Artasásta.

8. En hy het in Jerusalem gekom in die vyfde maand; dit was die sewende jaar van die koning.

9. Want op die eerste van die eerste maand het hy die optog uit Babel gereël, en op die eerste van die vyfde maand het hy in Jerusalem aangekom, omdat die goeie hand van sy God oor hom was.

10. Want Esra het sy hart daarop gerig om die wet van die Here te ondersoek en te betrag, en om Israel die insettinge en verordeninge te leer.

Lees volledige hoofstuk Esra 7