Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 4:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe die teëstanders van Juda en Benjamin hoor dat die ballinge ’n tempel bou vir die Here, die God van Israel,

2. het hulle aangekom na Serubbábel en na die familiehoofde en aan hulle gesê: Laat ons saam met julle bou, want net soos julle soek ons julle God, en aan Hom offer ons van die dae van Esar-Haddon af, die koning van Assirië, wat ons hierheen laat optrek het.

3. Maar Serubbábel en Jésua en die ander familiehoofde van Israel het aan hulle gesê: Dit sal nie gaan dat julle saam met ons ’n huis vir onse God bou nie, maar óns alleen sal vir die Here, die God van Israel, dit bou soos koning Kores, die koning van Persië, ons beveel het.

4. Toe het die volk van die land die hande van die volk van Juda laat verslap en hulle afgeskrik om nie te bou nie.

5. En hulle het raadgewers teen hulle gehuur om hulle plan te verydel al die dae van Kores, die koning van Persië, tot op die regering van Daríus, die koning van Persië.

6. En onder die regering van Ahasvéros, in die begin van sy regering, het hulle ’n aanklag geskrywe teen die inwoners van Juda en Jerusalem.

Lees volledige hoofstuk Esra 4