Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 8:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN in die sesde jaar, in die sesde maand, op die vyfde van die maand, terwyl ek in my huis sit en die oudstes van Juda voor my sit, het die hand van die Here Here daar op my geval.

2. Ek kyk toe — en daar was ’n gestalte wat soos vuur gelyk het; van wat soos sy lendene gelyk het en ondertoe, was vuur, en van sy lendene af en boontoe iets net soos ’n hemelglans wat soos blinkende metaal geskyn het.

3. Toe steek Hy iets uit wat die vorm van ’n hand het, en vat my aan die kuifhare van my hoof; en die Gees het my opgehef tussen die aarde en die hemel en my in gesigte van God na Jerusalem gebring, by die ingang van die binneste poort wat na die noorde toe kyk, waar die plek was van die afgodsbeeld van ywer wat ywer verwek.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 8