Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 5:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN jy, mensekind, neem vir jou ’n skerp swaard; as skeermes moet jy dit vir jou neem, en laat dit gaan oor jou hoof en oor jou baard; daarna moet jy vir jou ’n weegskaal neem en die hare verdeel:

2. ’n derde deel moet jy binne-in die stad met vuur verbrand as die dae van die beleëring verby is; dan moet jy ’n derde deel neem en met die swaard stukkend kap rondom die stad, en ’n derde deel moet jy in die wind strooi; en Ek sal ’n swaard agter hulle uittrek.

3. Jy moet ook ’n klein bietjie daarvan neem en dit in jou slippe bind;

4. en daarvan moet jy nog weer neem en dit binne-in die vuur gooi en dit met vuur verbrand; daar sal vuur van uitgaan in die hele huis van Israel.

5. So sê die Here Here: Dit is Jerusalem. Ek het dit onder die nasies gestel, en lande is daar rondomheen.

6. Maar dit was wederstrewig teen my verordeninge, goddeloser as die nasies, en teen my insettinge meer as die lande daar rondomheen; want hulle het my verordeninge verwerp en in my insettinge nie gewandel nie.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 5