Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 45:11-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. ’n Efa en ’n bat moet ’n vaste maat hê, sodat ’n bat die tiende van ’n homer bevat; ook ’n efa die tiende van ’n homer; die reëling daarvan moet wees volgens die homer.

12. En die sikkel moet twintig gera wees; twintig sikkels, vyf-en-twintig sikkels, vyftien sikkels moet vir julle ’n mine wees.

13. Dit is die offergawe wat julle moet afgee: die sesde van ’n efa van ’n homer koring; ook die sesde van ’n efa van ’n homer gars.

14. En die bestemde deel van olie, van ’n bat olie: die tiende van ’n bat uit ’n kor, dit is tien bat, ’n homer; want tien bat is ’n homer.

15. Verder van die kleinvee: een stuk uit tweehonderd, uit die waterryke weiveld van Israel — as spysoffers en brandoffers en dankoffers om versoening vir hulle te doen, spreek die Here Here.

16. Al die mense van die land moet deel hê aan hierdie offergawe vir die vors in Israel.

17. En op die vors rus die verpligting van die brandoffers en die spysoffer en die drankoffer op die feeste en op die nuwemane en op die sabbatte, op al die feestye van die huis van Israel; hy moet die sondoffer en die spysoffer en die brandoffer en die dankoffers berei, om versoening te doen vir die huis van Israel.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 45