Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 40:11-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Verder het hy die wydte van die poortingang gemeet: tien el; die lengte van die poort: dertien el.

12. En daar was ’n afskorting voor die sykamers van een el aan die een kant, en ’n afskorting van een el aan die ander kant; en elke kamer was ses el aan die een, en ses el aan die ander kant.

13. Toe het hy die poort gemeet van die dak van die een sykamer af na die dak van die ander toe: die breedte was vyf-en-twintig el, deur teenoor deur.

14. Ook het hy die deurposte gemaak; sestig el; en die voorhof, al rondom die poort, het gekom tot by die deurposte.

15. En van die voorkant van die ingangspoort af tot by die voorkant van die voorportaal van die binneste poort: vyftig el.

16. En daar was vensters van latwerk in die sykamers ingebou en in hulle deurposte, na binne toe in die poort al rondom; so ook in die voorportale; ja, vensters was al rondom na binne toe, en op die deurposte was palmbome.

17. Verder het hy my in die buitenste voorhof gebring, en kyk, daar was kamers, en rondom die voorhof was ’n plaveisel gemaak; dertig kamers was op die plaveisel.

18. En die plaveisel was aan die sykant van die poorte, ooreenkomstig die lengte van die poorte; dit was die onderste plaveisel.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 40