Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 35:12-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. En jy sal weet dat Ek, die Here, al jou lasterlike woorde gehoor het wat jy teen die berge van Israel gespreek het deur te sê: Hulle lê woes, hulle is aan ons gegee tot spys.

13. So het julle dan jul groot gehou teen My met julle mond en julle woorde teen My opgehoop; Ek het dit gehoor.

14. So sê die Here Here: Tot vreugde van die hele aarde sal Ek jou ’n wildernis maak.

15. Soos jy vrolik was oor die erfdeel van die huis van Israel, omdat dit verwoes is, so sal Ek met jou maak: jy sal ’n wildernis word, o berg Seïr en die hele Edom, almal saam. En hulle sal weet dat Ek die Here is.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 35