Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 33:27-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. So moet jy vir hulle sê: So spreek die Here Here: So waar as Ek leef, die wat in die puinhope is, sal gewis deur die swaard val; en hom wat op die oop veld is, gee Ek aan die wilde diere oor om opgeëet te word; en die wat in die vestings en in die spelonke is, sal deur die pes sterwe.

28. En Ek sal die land ’n wildernis en ’n woesteny maak, en aan sy trotse mag sal ’n einde kom; en die berge van Israel sal woes wees sonder dat iemand daar oorgaan.

29. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is, as Ek die land ’n wildernis en ’n woesteny maak oor al hul gruwels wat hulle bedryf het.

30. En jy, mensekind, die kinders van jou volk wat oor jou gesels langs die mure en in die deure van die huise — hulle spreek die een met die ander, elkeen met sy broer, en sê: Kom tog en hoor wat die woord is wat van die Here uitgaan.

31. En hulle kom na jou toe soos ’n volk saamstroom en sit voor jou as my volk en hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie; want hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar hulle hart gaan agter hulle onregverdige wins aan.

32. En kyk, jy is vir hulle soos ’n minnelied, soos een skoon van stem, wat goed op die snare speel: hulle hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie.

33. Maar as dit kom — kyk, dit kom! — dan sal hulle weet dat daar ’n profeet onder hulle gewees het.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 33