Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 30:14-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. En Ek sal Patros verwoes en ’n vuur werp in Soan en strafgerigte voltrek in No.

15. En Ek sal my grimmigheid uitgiet oor Sin, die vesting van Egipte; en Ek sal die menigte van No uitroei.

16. En Ek sal ’n vuur werp in Egipte: Sin sal bewe van angs, en No sal oopgebreek word, en Nof — vyande oordag!

17. Die jongmanne van On en Pi-Beset sal deur die swaard val, maar hulle self sal in gevangenskap gaan.

18. En in Tagpánhes word die dag duister as Ek daar die jukke van Egipte verbreek, en sy trotse mag daarin sal ophou; ’n wolk sal dit oordek, en sy dogters sal in gevangenskap gaan.

19. So sal Ek dan strafgerigte voltrek in Egipte; en hulle sal weet dat Ek die Here is.

20. En in die elfde jaar, in die eerste maand, op die sewende van die maand, het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

21. Mensekind, Ek het die arm van Farao, die koning van Egipte, gebreek; en kyk, dit is nie verbind tot genesing of geswagtel tot verbinding, dat dit sterk kan word om die swaard te vat nie.

22. Daarom, so sê die Here Here: Kyk, Ek het dit teen Farao, die koning van Egipte! En Ek sal sy arms verbreek, die sterk een en die gebreekte een, en sal die swaard uit sy hand laat val.

23. En Ek sal die Egiptenaars verstrooi onder die nasies en hulle versprei in die lande.

24. En Ek sal die arms van die koning van Babel versterk en my swaard in sy hand gee, maar Farao se arms sal Ek breek, sodat hy voor hom sal kerm soos ’n dodelike gewonde man kerm.

25. Ja, Ek sal die arms van die koning van Babel versterk, maar Farao se arms sal afval; en hulle sal weet dat Ek die Here is as Ek my swaard in die hand van die koning van Babel gee, dat hy dit kan uitstrek oor Egipteland.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 30