Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 3:21-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. Maar as jý die regverdige waarsku, dat die regverdige nie moet sondig nie, en hy sondig nie, dan sal hy sekerlik lewe, omdat hy hom laat waarsku het; en jy het jou siel gered.

22. En die hand van die Here was daar op my, en Hy het vir my gesê: Staan op, gaan uit na die laagte, en Ek sal daar met jou spreek.

23. Ek staan toe op en gaan na die laagte uit; en kyk, die heerlikheid van die Here het daar gestaan soos die heerlikheid wat ek by die Kebarrivier gesien het. En ek het op my aangesig geval.

24. Toe kom die Gees in my en laat my op my voete staan; en Hy het met my gespreek en vir my gesê: Gaan in, sluit jou toe in jou huis.

25. En jy, mensekind, kyk, hulle sit vir jou toue aan en bind jou daarmee, sodat jy nie onder hulle kan uitgaan nie.

26. En Ek sal jou tong aan jou verhemelte laat klewe, sodat jy stom sal word en vir hulle geen bestraffer sal wees nie; want hulle is ’n wederstrewige huis.

27. Maar as Ek met jou spreek, sal Ek jou mond open, en jy moet aan hulle sê: So spreek die Here Here. Wie hoor, laat hom hoor; en wie dit nalaat, laat hom dit nalaat; want hulle is ’n wederstrewige huis.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 3