Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 26:12-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. En hulle sal jou rykdom buitmaak en jou koopware roof en jou mure afbreek en jou kosbare huise omgooi; en hulle sal jou klippe en jou houte en jou puin in die water slinger.

13. En Ek sal die geruis van jou liedere laat ophou, en die klank van jou siters sal nie meer gehoor word nie.

14. Ja, Ek sal jou ’n kaal rots maak, ’n droogmaakplek van nette sal jy wees en nooit herbou word nie; want Ek, die Here, het dit gesê, spreek die Here Here.

15. So sê die Here Here aan Tirus: Sal die kuslande nie bewe van die geluid van jou val, as die gewondes kerm, as hulle ’n moord in jou aanrig nie?

16. Dan sal al die vorste van die see van hulle trone afklim en hulle mantels afhaal en hulle veelkleurige klere uittrek; met siddering sal hulle beklee word, op die grond sal hulle sit en elke oomblik sidder en oor jou verbaas wees.

17. En hulle sal ’n klaaglied oor jou aanhef en vir jou sê: Hoe het jy vergaan wat bewoon was uit die seë, hoog geroemde stad; wat sterk was deur die see, hy en sy inwoners, wat die skrik vir hulle ingeboesem het by al die kusbewoners.

18. Nou sal die kuslande sidder op die dag van jou val; en die kuslande wat aan die see is, sal verskrik word oor jou uiteinde.

19. Want so sê die Here Here: As Ek jou ’n verwoeste stad maak, soos die stede wat nie bewoon is nie; as Ek die watervloed oor jou laat opkom en die groot waters jou oordek;

Lees volledige hoofstuk Eségiël 26